Triomf `n Rede om te Sing! Kom ondersteun die goeie doel!

Daar`s `n rede om te sing! Triomfkliniekkonsert beloof `n aand van hartsmusiek
Triomfkliniek is `n afdeling van Atterbury Trust wat sorg met waardigheid aan die gemeenskap van Pretoria-Wes aanbied.

Datum:- 12 September 2018

Tyd:- 18:15

Toegang:- R160 – R200


Is jy opsoek na ‘n gesellige plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!

Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!

Gratis sorg word aan behoeftige mense verskaf. Om die kliniek se fondse aan te vul sodat nog meer mense gehelp kan word, bied die kliniek jaarliks `n musiekkonsert in Atterbury Teater aan. In 2018 neem van ons land se top kunstenaars aan die konsert deel. Steve Hofmeyr, Robbie Wessels en Sorina beplan om die gehoor te vermaak met musiek uit die hart. Hoekom? Want hulle gee om. Omgee is die hart en siel van Atterbury Trust en al die werksaamhede van die trust. Triomfkliniek is een van die spesiale instansies wat volledig deur die trust bestuur word.

Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood

GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538

Kontak:- 012 942 5951

Kaartjies kan bespreek word by Computicket !!

Die wonderlike werk van die kliniek sal op die aand uitgelig word. Almal wat `n kaartjie koop dra direk by tot die fondse van Triomfkliniek, aangesien al die kunstenaars gratis optree. Bespreek dus jou kaartjies sommer nou vir die Triomf! Rede om te sing! musiekkonsert en gee jou hart vir Triomfkliniek. Ons weet jy gee ook om.


SA-Radio.com
Om jou gebeurtenis, konsert of konsert te lys,
kontak SA-Radio.com

Om ons giggids te ontvang,Skryf hier in GRATIS!


Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment