Top 20 vir die week: 25 Junie 2018

Tarryn Lamb is haar eerste plek kwyt die week en daai nommer 1 posisie behoort nou aan Dirk van der Westhuizen met sy treffer “Sexy vi my”.

Ons het ‘n nuwe toetreede tot die Top 20, dis niemand anderste as Jan Blohm wat onlangs sy splinternuwe album bekendgestel het. Sy enkelsnit, ‘Word wakker’. Die treffer van hom betree die Top 20 in posisie nommer 12 (loer hier onder na ‘n musiekvideo/konsert opname van die treffer.)

Ons Top 20 sangers het almal so paar plekke gespring of van ons lys afgegaan, maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
2. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
3. Elandré – “Honderd duisend maal”
4. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
5. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
6. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
7. Willem Botha – “Enigste man op aarde”
8. Appel – “Boer loop deur my are”
9. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
10. Karen Zoid – “Hoe ek voel”
11. Elandré – “Die lyn”
12. Jan Blohm – “Word wakker”
13. Jan Bloukaas en Mariné Moffat – “Desembers”
14. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
15. Elizma Theron – “Marilyn Monroe”
16. Twee – “Om en om”
17. Dirk v d Westhuizen en Sorina – “Die tennis tune”
18. Steve Hofmeyr – “Redgebed”
19. Almero – “Monochromie”
20. Anders – “Bruid”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede).
Ons by SAUK Radio wil graag vir Maroela Media bedank vir hulle bydrae tot die inligting in ons berig.

Hier is jou nommer 1 – Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”

Hier is jou nommer 2 – Tarryn Lamb – “Mal oor jou”. Ongelukkig kon ek nog nie ‘n musiekvideo of ‘n klankgreep vir julle in die hande kry van die liedjie nie, maar ek gaan aanhou soek om dit vir julle in die hande te kry !!

Hier is jou nommer 3 – Elandré – “Honderd duisend maal” (klankgreep)

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe, hoop julle geniet dit:-

Jan Blohm – “Word wakker”

Cordelia – Mal In Jou Kop

Franja du Plessis – Stad van verlange

Hoop julle het die musiek geniet wat ek saamgestel het vir julle vir die week. Onthou ons ontmoeting vir volgende week … dieselfde tyd en op dieselfde plek.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment