Top 20 vir die week: 20 August 2018

In vandeesweek se Top 20 lys het van die sangers weer sobietjie rond geskuif op ons lysie. Kom ons kyk gou wat gebeur het, 7 snitte wat die leer geklim het, 9 wat sobietjie teruggesak het, 4 wat onveranderd gebly het.

Tarryn Lamb se liedjie “Mal oor jou” wat verlede week die nommer 1 posisie gevat het is nou in posisie nommer 3, maar die dame se liedjies is nou baie gewild. Haar ander treffer “Vier woorde” is nou in die nommer 1 posisie. Haar liedjies is ook die afgelope week die meeste afgelaai.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
2. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
3. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
4. Snotkop – “Souserig”
5. Jo Black – “Een klein klippie”
6. Jan Blohm – “Word wakker”
7. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
8. Karen Zoid & Jannie du Toit – “Liedjie vir jou”
9. Appel – “Jagter”
10. Fatman – “Dorp toe”
11. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
12. Joe Foster – “Volgende stap”
13. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
14. Willem Botha – “Enigste man op aarde”
15. Appel – “Boer loop deur my are”
16. Elandré – “Honderd duisend maal”
17. Wynand Strydom – “Gebed”
18. Angel de Lange – “Juwele”
19. Jennifer Zamudio – “Altyd myne”
20. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede).
Ons by SAUK Radio wil graag vir Maroela Media bedank vir hulle bydrae tot die inligting in ons berig.

Hier is jou nommer 1 – Tarryn Lamb – “Vier woorde”

Hier is jou nommer 2 – Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”

Hier is jou nommer 3 – Tarryn Lamb – “Mal oor jou”

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe, hoop julle geniet dit:-

Jo Black en Karen Zoid – ‘Skepe’

Liezel Pieters – Asemloos

Gian Groen – Swerwer

Hoop julle het die musiek geniet wat ek saamgestel het vir julle vir die week. Onthou ons ontmoeting vir volgende week … dieselfde tyd en op dieselfde plek.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment